, Voor het laatste nieuws van elke sport

Door Snijder uit hul nate gebars van blydskap

Uitgegeven: 7 juli 2010 15:21
Laatst gewijzigd: 12 juli 2010 16:36

Dis verby. Nederlanders was gisteraand oorstelp van vreugde oor hul span se overwinning van 3-2 oor Uruguay in die halfeindronde.

Maar Kapenaars het hartseer afskeid geneem van die Wereldbeker-sokkertoernooi.

Derduisende mense – sonder kaartjies – het gister vir oulaas op die Lekkerlooproete na die Kaapstad-stadion gestap net om die gees te ervaar.

Met Nederland se oorwinning is die tafel gedek vir nog ’n Europese eindstryd, soos in 2006. Nederland sal Sondag teen óf Spanje óf Duitsland speel.

Die groot skare oranje ondersteuners het nie op die eindfluitjie gewag om te begin feestvier nie.

Hopie

Met die tweede doel al, wat Wesley Snijder aan die begin van die tweede helfte aangeteken het, het hulle uit hul nate gebars van blydskap. Die skare van 62.479 het byna soos een man opsping, hul arms in die lug gegooi en oorverdowend gejuig.

Sommiges het skoon vergeet om op hul vuvuzelas te blaas en het die ook in die lug geswaai.

Toen Arjen Robben Nederland se derde doel behaal het, het die skare begin uitrafel. ’n Groep Oranjes agter die een doelhok het in ‘n ry bij die trappies af gedans.

Robben het op sy knieë oor die gras gegly en ’n paar spanmaats het in ’n hopie bo-op hom op die gras neergesak.

Beseringstyd

’n Paar Uruguayane het met trane in hul oë gesit. Uruguay het in beseringstyd ’n tweede doel aangeteken, maar dit was nie genoeg om hul droom te red nie.

’n Groep van meer as 500 Nederlanders het ’n uur ná die wedstryd steeds geweier om die stadion te verlaat. Hulle het op en af gespring, gedans en oorwinningsliedere gesing.

Dit is Nederland se eerste eindstryd sedert 1978. Hy het toe met 1-3 teen Argentinië verloor.

(Verslag van Aldi Schoeman en Marelize Potgieter, zeg maar De Grote Twee van ochtendkrant Die Burger).

© NUsport/Bart Vlietstra
Reageren? Ga naar NUjij.nl Mail/tip de redactie
Foto bij dit bericht? Stuur hem op! Zoek nieuws over dit onderwerp
Afdrukken Stel je vraag over dit onderwerp

nusport.nl is onderdeel van het netwerk van Sanoma Digital Group The Netherlands B.V.